Social

Deur Hendriehet Young

Ons seun Juan Pierre Young  is oorlede op 24 Mei 2017.

Vir ons as familie  is die dood van ‘n kind, ‘n man, ‘n pa en broer geen geringe saak.  Ons probeer om die stukke van lewens bymekaar te skraap en om sin te maak en om aan te gaan, dit is tans vir ons elkeen ‘n  moeilike daaglikse taak.  Die hartseer bly vir ewig.

 

‘O Die pyn gedagte: my kind is dood

Dit brand soos ‘n pyl in my

Die mense sien daar niks van

En die Vader alleen weet wat ek ly’

Elke ma dink haar kind is die beste!  Juan was ‘n besonderse seun, en ek was baie trots op hom!

Hy het intens geleef en was eerlik en opreg, eienskappe wat in ons samelewing  skaars is.  Juan moes op sy lewenspad van bykans 40 jaar baie teleurstellings oorbrug, en tog het Juan almal wat sy pad gekruis het met liefde en respek en ‘n glimlag hanteer.  Almal onthou hom as ‘gentleman’!

As gevolg van metaalvergiftiging moes Juan sy beroep as Tandtegnoloog prysgee en het hy by  De Novo Versekerings Makelaars aangesluit.   Hy en sy pa was ‘n goeie span en hulle sukses in die Verskeringsmark was gou duidelik.  Juan het verlede jaar op 6 Junie 2016 in ‘n restaurant in mekaar gesak en is daarna met ‘n Brein Tumor gediagnoseer.   Hy was dapper en volmoed dat hy volkome genees sal word, ons het saam met hom geglo.  Sy stryd was geen geringe een nie

Ek eer Juan vir die mens wat hy was, en sal vir ewig hierdie hartseer saam met my dra.

Lawrence Binjon het gesê:

“They shall not grow old as we that are left behind grow old. Age shall not weary them, nor the years condemn. At the going down of the sun and in the morning, we will remember them”.

Juan het die wedloop voltooi! Sy aardse voetstappe het stil geword maar dit sal in ons nagedagtenis bly voortleef.

2017 Tenpin Bowling Evening:

Bookings to the This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Click on image to book your team/s. Once invoice is issued and paid your place will be secured.

 

Strony internetowe